Welkom by Superego Kids

Moenie jou en jou kind se hartsake afskeep nie, die prys wat jy betaal is net te duur.

Vertel my meer?

Alle ouers wil soms hul hare uit hul koppe trek omdat boetie so stout is of sussie net eenvoudig op haar eie mission is. Jy is nie alleen nie – Welcome to the club. Ons gee ‘n plan van aksie om jul challenges minder te maak en leer jou as ouer hoe om beter to cope. Soms weet jy nie presies wat fout is nie, jy voel net alleen en soos ‘n mislukking. Kom praat met ons – ons gee tips en tricks sodat jy kan cope! 

Ons Superego

Wenspan!

Anneke Bothma

Stigter

Anneke het BSocSci (Sielkunde, Honneurs) aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is die stigter van die Superego-program. Anneke is net so beskermend teenoor die program en die ontwikkeling daarvan as teenoor haar spanlede en Superego-gesinne. Sy kan ‘n leeuwyfie wees wanneer nodig, maar is meestal so sag soos ‘n lammetjie;-).

Leanka Human

Fasiliteerder

Leanka het ‘n BA-graad in Sosiologie en Sielkunde aan die Noordwes Universiteit. Sy is passievol oor kinders se emosionele ontwikkeling en gaan uit haar pad uit om kinders in groepsverband of individueel ‘tips’ en ‘tricks’ te leer om uitdagings te oorkom. Sy hou (gelukkig) van admin en organisasie wat die span help om ook binne die boks te dink wanneer dit nodig is.

Calista Botes

Fasiliteerder

Calista is die ‘tech savvy’, sosiale media spesialis van die span. Kinders is dadelik gemaklik by haar en geen probleem is ooit te groot of te moeilik om op te los nie. Calista hou die span op hul tone met haar poetsbakkery – ‘never a dull moment’ as sy in die omtrek is.

Wat sê ons ouers?

Moenie jou en jou kind se hartsake afskeep nie, die prys wat jy betaal is net te duur.

Kontak ons: 067 014 3086

E-posadres: admin@superego.co.za