Ons Superego

Wenspan!

Anneke Bothma

Stigter en moederhen

Anneke is die stigter van die Superego-program en is net so beskermend teenoor die program en die ontwikkeling daarvan as teenoor haar spanlede en Superego-gesinne. Sy kan ‘n leeuwyfie wees wanneer nodig, maar is meestal so sag soos ‘n lammetjie;-)

Leanka Human

Operasionele bestuurder en fasiliteerder

As daar nou ‘n goeie hart op twee bene is, is dit verseker Leanka. Sy dink vooruit, verstaan klein- en groot mense en hou die baas op haar tone. Raakvatter of note!

Calista Botes

Fasiliteerder

Calista is die tech savvy, social media spesialis van die span. Kinders is dadelik gemaklik by haar en geen probleem is ooit te groot of te moeilik om op te los nie. Calista hou die span op hul tone met haar poetsbakkery – never a dull moment as sy in die omtrek is.

Wat sê ons ouers?

Moenie jou en jou kind se hartsake afskeep nie, die prys wat jy betaal is net te duur.

Kontak ons: 067 014 3086

E-posadres: admin@superego.co.za