Wat bied ons alles?

Leer jou en jou kind hoe om moeilike emosies soos woedehartseerbang-wees en boelies beter te hanteer.

Sosio-emosionele assessering

Die assesssering is daarop gemik om te verstaan hoe jou kind sy wêreld en die uitdagings wat daarmee saamgaan, ervaar. Die assessering behels ‘n volledige proses om te bepaal wat die dinge is wat pla en wat jou kind se unieke behoeftes is.

R3050

Tydens die assessering kyk ons na die volgende aspekte:

Na die assessering gee ons vir julle terugvoer van hoe dit met hom/haar gaan en wat die dinge is waaraan gewerk kan word. Die koste van die sosio-emosionele assessering is R3050 wat die twee-ure assessering; interpretasie van die data en ‘n uur en ‘n half terugvoer-sessie aan julle insluit.

Enige verhouding/gebeurtenis wat vir jou kind moontlike ongemak en/of trauma veroorsaak

Jou kind se ervaring van sy ouers se huweliks- of saambly-verhouding

Binding ('attachment') en jou kind se gevoel van sekuriteit en geborgenheid

Jou kind se ervaring van maats (portuurgroep) en die skool

Jou kind se identiteit, selfbeeld en temperament

Ouerleidingsessie

Dit behels ‘n uur en ‘n half-sessie waartydens jy jul omstandighede en uitdagings skets. Gewapen met hierdie insigte ontwerp ons dan vir julle ‘n ‘ouerskapsplan’volgens jul spesifieke behoeftes (waarin ons dissipline en beloning; grense; jul kind se temperament; tyd in sy wêreld – om ‘n paar aspekte te noem dek) en voorsien dit per epos.  Die koste hiervan is

R1 950

  Superego-program

Dit is ‘n program wat daarop gemik is om kinders se Emosionele Intelligensie- en lewensvaardighede te ontwikkel.  Kinders word met moeilike situasies en die gepaardgaande emosies gekonfronteer en weet nie hoe om op ‘n effektiewe manier daarmee te ‘deal’ nie. Ons kyk na spesifieke tegnieke en vaardighede wat hulle kan inspan om dit aan te spreek.  Die program behels ‘n weeklikse klas by jou kind se skool van 30 – 45 minute. (Indien die skole gesluit is weens Covid vind die lesse via Zoom plaas) Die bedrag per maand is R360 per kind vir groep terapie. Met ‘n eenmalige registrasiefooi van R150

R360

R150 registrasie fooi

Privaat “coaching” sessies

Individuele coaching en couples coaching sessies is beskikbaar vir

R650 per uur

WAT SÊ ONS TEVREDE OUERS?

Moenie jou en jou kind se hartsake afskeep nie, die prys wat jy betaal is net te duur.

Kontak ons: 067 014 3086

E-posadres: admin@superego.co.za