Spesialis programme vir individue

Hierdie programme is spesiaal ontwikkel om te verseker dat ons jou en jou kids se spesifieke behoeftes en challenges doeltreffend kan hanteer.

 “Ma’s is soms nie so ‘keen’ op hul ‘tween”

Dryf jou ‘tween’ jou tot raserny? Wil jy hom/haar eerder vermy? Die behoefte is so groot onder ouers om hul kids tussen die ouerdom van 10 en 13 beter te verstaan en die kids voel baie maal so oor hulself ook! Ons kan help! Ons bied ‘n 6-weke program asook voldag werkswinkels teen R 1 100 per persoon.

      Ons volgende program word aangebied op 30 November 2021 van 08:00 – 16:00.         Beperkte plekke beskikbaar, boek nou!

“Ek is in rou – wat nou?”

Ons kinders se emosionele welstand is nou belangriker as ooit! So baie van ons kinders en gesinne word geraak deur sterfte(s) en die veelvuldige verliese wat daarmee saamgaan. Ons bied ‘n 8-weke program aan wat kinders en ouers bemagtig met vaardighede om die verliese en gepaardgaande trauma te verwerk. Daar is twee beskikbare opsies, ons kom bymekaar in klein groepies teen R 120 per sessie of “One on One” teen R 350 per sessie.

Moenie jou en jou kind se hartsake afskeep nie, die prys wat jy betaal is net te duur.

Kontak ons: 067 014 3086

E-posadres: admin@superego.co.za