“Franchising”

Natuurlik wil ons jou deel maak van ons Superego-wenspan!

As jy ‘n passie het daarvoor om kinders en ouers met kennis te bemagtig oor hoe om met hul emosies en hartsake te deal, is ‘n Superego-franchise dalk net jou antwoord! ‘n Kwalifikasie in Sielkunde/Maatskaplike Werk/Onderwys/ander relevante velde is ‘n voorvereiste. 

 

Jy kry die volgende:

Volgehoue opleiding en ondersteuning wat die inhoud van die program, die gebruik van bemarkingsmateriaal en finansiële bestuur, onder andere, aanbetref.

 

Alle bemarkingsmateriaal wat reeds ontwerp is en in die toekoms ontwerp gaan word. Addisionele ekstras wat deel vorm hiervan is plakkate en/of pamflette wat spesiale dae van die jaar uitlig en die Superego-handelsnaam bevorder. Voorbeelde hiervan is Vaders- en Moedersdag, Jeugdag, Internasionale Vriendskapsdag, Wêreld Boeklees-dag, Erfenisdag, ens.

 

Die volledige Superego Kids Program wat die volle akademiese jaar dek en aangepas kan word volgens die spesifieke behoeftes van die Franchisee. (Bv ‘n korter program, vakansieprogramme, ens.)

 

Hierdie is dalk so reg in jou kraal – kliek hier om aansoek te doen.

#MaakDieVerskil #WeesJyDieVerskil #GrypDieKans, want…#JyWeetJyWil

 

Ons hoop om binnekort te kan sê – Welcome to the club!

 

Moenie jou en jou kind se hartsake afskeep nie, die prys wat jy betaal is net te duur.

Kontak ons: 067 014 3086

E-posadres: admin@superego.co.za